|
Stap
deur die kafee tot in Afsaal se restourant en word getrakteer by
hierdie unieke verversingspos in die Bo Karoo. In ‘n gemoedelike
restourant kry u ‘n blik van die omgewing en sal u gou iemand
ontmoet wat u meer kan vertel van die omgewing en sy
interessanthede. ‘n Verskeidenheid om van te kies op die spyskaart
behoort u tevredenheid te waarborg om so ook iets van die besondere
leefstyl op Orania te ervaar.
Die Kafee-restourant
is ‘n plek waar vriende ontmoet om kosbaarhede met mekaar te deel,
te filosofeer, sake te doen en sommer net te gesels. |