|
Orania het reeds sy vere reggeskud en
die begin van ‘ n nuwe groeifase betree. Die harde werk van die
afgelope 15 jaar, ‘ n toenemende goeie mediaprofiel en die
misdaadsituasie in die land laat Afrikaners met nuwe oë na ‘ n
groter mate van onafhanklikheid op Orania kyk.
Die waarde van eiendom op Orania het
die afgelope tyd ongekend gegroei. Het jy al in jou stukkie vryheid
op Orania belê ? Indien nie, doen gerus navraag. Beperkte eiendom is
altyd gesog veral indien dit in die nauurskoon van die Bo Karoo
geleë is aan die oewer van die Oranjerivier.
Oewererwe, landbougrond, hoewes,
dorpserwe en huise verhandel fluks en talle bouprojekte is aan die
gang.
My eie betrokkenheid by Orania sedert
Oktober 1996 en ook as eienaar van Afsaal sedert 2005 het my genoop
om Afsaal eiendomme op Orania te vestig. Die tempo waarteen
eiendomme op Orania die afgelope 24 maande verhandel het en die
hoeveelheid mense wat by my kom aanklop om meer inligting het die
behoefte aan Orania se eerste volwaardige
eiendomsverhandelings-instansie bevestig.
Afrikaners van regoor die land doen
toenemend navraag as voornemende beleggers in eiendom en verblyf op
Orania. Afsaal eiendomme bied ‘ n volledige bemarkingsdiens om die
voornemende verkoper by te staan in die bekendstelling van
beskikbare eiendom aan gekeurde kopers wat deel in die missie en
doelwitte van Orania.
Afsaal eiendomme beoog om:
Eiendom aggresief te bemark, ook
buite Orania deur middle van aanbiedings en die internet
-
Beskikbare eiendom kan op die
Afsaal webwerf besigtig word
-
Die voornemende koper by te
staan in sy aanbod om te koop
-
Die aanbod aan die verkoper
voor te hou
-
Na aanvaarding die koper by
te staan om ‘ n keuringsafspraak by die dorpsraad
-
Die transaksie te monitor vir
spoedige afhandeling tot en met registrasie
Die bydrae van Afsaal eiendomme
behoort te lei tot ‘ n groter besetting van Orania, die stimulering
van die plaaslike eiendomsontwikkelaars-bedryf en die skep van nuwe
werksgeleenthede. Dit behoort gewis tot die groei van die plaaslike
ekonomie op Orania by te dra. Ons sien daarna uit om u van diens te
wees.
Kontak ons gerus met enige navrae. |