|
Die
Afsaal kafee op Orania is dikwels die eerste stopplek, en vir meer
as 10 jaar al ‘n bekende bymekaarkomplek, op die grootpad tussen
Hopetown en Vanderkloof reg langs die vulstasie. Hierdie Bo-karoo
kafee is ook ‘n handige geriefswinkel met kruideniersware,
tydskrifte, verversings en wegneemetes vir die inwoners van Orania
en omgewing. Reisigers en toeriste besoek Afsaal graag om produkte
eie aan Orania aan te skaf en om keurigvoorbereide wegneemetes aan
te skaf. Ons noem dié sommer “Hap en stap”
Afsaal dien ook as rigtingwyser en besoekers verneem dikwels by
Afsaal oor Orania, oornagplek, begeleide toere deur die omgewing en
gesels in die algemeen met die vriendelike personeel. |